Mosambiekse Vryheidsoorlog

Mosambiekse Vryheidsoorlog
Deel van die Portugese koloniale oorlog

Portugese troepe op patrollie in Mosambiek
Datum 25 September 19648 September 1974 (skietstilstand)
25 Junie 1975 (onafhanklikheid)
Ligging Mosambiek
Resultaat Portugese militêre oorwinning;[1]
Gebieds-
veranderinge
Mosambiek word van Portugal onafhanklik
Strydende partye
Vlag van Mosambiek FRELIMO

Ondersteun deur:
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie[2]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China[3]
Vlag van Kuba Kuba[4][5][6][7]
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië[8][9][10]
Vlag van Bulgarye Bulgarye[11][12][13]
Vlag van Tanzanië Tanzanië[14][15][16][17][18]
Vlag van Zambië Zambië[19]
Vlag van Egipte Egipte[20][21][22]
Vlag van Algerië Algerië[23]
Vlag van Libië Libië[24][25]

Vlag van Portugal Portugal

Ondersteun deur:
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika[26][27]
Vlag van Rhodesië Rhodesië[28]
Vlag van Malawi Malawi[29][30][31]

Aanvoerders
Vlag van Mosambiek Eduardo Mondlane (1962–69),

Vlag van Mosambiek Joaquim Chissano (1962–75),
Vlag van Mosambiek Filipe Samuel Magaia (1964–66),
Vlag van Mosambiek Samora Machel (1969–75)

Vlag van Portugal António Augusto dos Santos (1964–69),

Vlag van Portugal Kaúlza de Arriaga (1969–74)

Sterkte
~10 000–15 000[32][33] 50 000 op 17 Mei 1970[34]
Ongevalle en verliese
10 000–35 000 gesneuweldes[35] 3 500 gesneuweldes[35]
~50 000 burgerlikes gedood[35]

Die Mosambiekse Vryheidsoorlog was 'n gewapende konflik tussen die guerrillamagte van FRELIMO (Frente de Libertação de Moçambique) en Portugal. Die oorlog het amptelik op 25 September 1964 begin en met 'n skietstilstand op 8 September 1974 tot 'n einde gekom. 'n Onderhandelde onafhanklikheid is in 1975 beklink.

Portugal se oorloë teen vryheidsvegters in sy 400 jaaroue Portugese Ryk, het in 1961 met die Angolese Oorlog vir Onafhanklikheid begin. In Mosambiek het die konflik in 1964 begin met onrus en frustrasies onder baie van die inheemse Mosambiekse bevolkings, wat die buitelandse regeerders as 'n vorm van uitbuiting en onderdrukking beskou het, wat net tot voordeel van die Portugese ekonomie gestrek het. Baie Mosambiekers het ook die Portugese se beleid teenoor die plaaslike bevolkings geminag, wat neergekom het op diskriminasie, en beperkte toegang tot die Portugese lewenstyl-opvoeding en geskoolde werksgeleenthede.

Namate suksesvolle selfbeskikkings-bewegings na die Tweede Wêreldoorlog regdeur Afrika posgevat het, het talle Mosambiekers progressief nasionalisties in hul politieke denke begin raak, en toenemend gefrustreerd geraak met die onderdanigheid waaronder hul volk aan 'n buitelandse regeerder uitgelewer was. Aan die ander kant was daar weer die gekultiveerde inheemse Afrikane wat ten volle by die sosiale kringe van die Portugese-Mosambiekers ingeskakel was – veral diegene in die stedelike sentra – wat met gemengde gevoelens, ongemak en agterdog, die eise vir onafhanklikheid, beskou het. Die etniese Portugese van die gebied, wat meestal die regerende owerheid was, het met 'n toename in militêre teenwoordigheid en vinnige ontwikkelingsprojekte hierop gereageer.

'n Massa-uittog van Mosambiek se intelligentsia na naburige lande het veilige hawens vir radikale Mosambiekers geskep waarvandaan aksieplanne opgestel, en politieke onrus in hul geboorteland gestook kon word. Die stigting van die guerrilla-organisasie FRELIMO en die steun van die Sowjetunie, ChinaKuba, Joego-Slawië, Bulgarye, Tanzanië, Zambië, Egipte, Algerië, en Moeammar al-Ghaddafi se regering in Libië met wapens en raadgewers, het gelei tot die uitbreek van geweld wat vir meer as 'n dekade voortgewoed het.

Uit 'n militêre oogpunt, het die Portugese Weermag die oorhand behou oor die guerrillamagte. Desnieteenstaande, slaag Mosambiek daarin om sy onafhanklikheid op 25 Junie 1975 te verkry toe 'n burgerlike opstand in Portugal, genaamd die Angelier-rewolusie, die militêre diktatuur, wat deur die Verenigde State ondersteun is, omver gewerp het. Dit was die einde van Portugal se 470 jaar van koloniale heerskappy in die Oos-Afrikastreek. Volgens geskiedkundiges was die staatsgreep in Portugal in 'n mate deur die opstande oor die Portugese troepe se slegte behandeling van die Mosambiekse plaaslike bevolking aangevuur.[36][37][38]

  1. (pt) A Guerra – Colonial – do Ultramar – da Libertação, 2nd Season (Portugal 2007, director Joaquim Furtado, RTP)
  2. (en) Frontiersmen: Warfare In Africa Since 1950, 2002. bl. 49.
  3. (en) China Into Africa: Trade, Aid, and Influence, 2009. bl. 156.
  4. (en) Fidel Castro: My Life: A Spoken Autobiography, 2008. bl. 315
  5. (en) The Cuban Military Under Castro, 1989. bl. 45
  6. (en) Translations on Sub-Saharan Africa 607-623, 1967. bl. 65.
  7. (en) Underdevelopment and the Transition to Socialism: Mozambique and Tanzania, 2013. bl. 38.
  8. (en) Southern Africa The Escalation of a Conflict : a Politico-military Study, 1976. bl. 99.
  9. (en) Tito in the world press on the occasion of the 80th birthday, 1973. bl. 33.
  10. (en) Mozambique, Resistance and Freedom: A Case for Reassessment, 1994. bl. 64.
  11. (en) Liberalism, Black Power, and the Making of American Politics, 1965–1980. 2009. bl. 83
  12. (en) United Front against imperialism: China's foreign policy in Africa, 1986. bl. 174
  13. (en) Portuguese Africa: a handbook, 1969. bl. 423.
  14. (en) Frelimo candidate Filipe Nyusi leading Mozambique presidential election
  15. (en) Mozambique in the twentieth century: from colonialism to independence, 1979. bl. 271
  16. (en) A History of FRELIMO, 1982. bl. 13
  17. (en) Encyclopedia Americana: Sumatra to Trampoline, 2005. bl. 275
  18. (en) Nyerere and Africa: End of an Era, 2007. bl. 226
  19. (en) Culture And Customs of Mozambique, 2007. bl. 16
  20. (en) Intercontinental Press, 1974. bl. 857.
  21. (en) The Last Bunker: A Report on White South Africa Today, 1976. bl. 122
  22. (en) Vectors of Foreign Policy of the Mozambique Front (1962–1975): A Contribution to the Study of the Foreign Policy of the People's Republic of Mozambique, 1988. bl. 8
  23. (en) Africa's Armies: From Honor to Infamy, 2009. bl. 76
  24. (en) Imagery and Ideology in U.S. Policy Toward Libya 1969–1982, 1988. bl. 70
  25. (en) Qaddafi: his ideology in theory and practice, 1986. bl. 140.
  26. (en) South Africa in Africa: A Study in Ideology and Foreign Policy, 1975. bl. 173.
  27. (en) The dictionary of contemporary politics of Southern Africa, 1988. bl. 250.
  28. (en) Terror on the Tracks: A Rhodesian Story, 2011. bl. 5.
  29. "Afrikka" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 11 Julie 2019. Besoek op 12 Mei 2011.
  30. (en) Salazar: A Political Biography, 2009. bl. 530.
  31. (en) Prominent African Leaders Since Independence, 2012. bl. 383.
  32. (en) Westfall, William C., Jr., Major, United States Marine Corps, Mozambique-Insurgency Against Portugal, 1963–1975, 1984. Besoek op 10 Maart 2007
  33. (en) Walter C. Opello, Jr. Issue: A Journal of Opinion, Vol. 4, No. 2, 1974, bl. 29
  34. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Leonard38
  35. 35,0 35,1 35,2 (en) Mid-Range Wars and Atrocities of the Twentieth Century Besoek op 4 Desember 2007
  36. George Wright, The Destruction of a Nation, 1996
  37. Phil Mailer, Portugal – The Impossible Revolution?, 1977
  38. Stewart Lloyd-Jones, ISCTE (Lisbon), Portugal's history since 1974, "The Portuguese Communist Party (PCP–Partido Comunista Português), which had courted and infiltrated the MFA from the very first days of the revolution, decided that the time was now right for it to seize the initiative.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search